Eindeloose Onbeheer
Dis soos verlate kamers in bewolkte weer, koud is die gevoel, en leeg soos die spasies,
Lang gang, met eindeloose stories van wat was.
Dis gedagtes van die son op jou gesig en die warm gevoel van die somer.. Dis verby, want jy word blameer, vir eindelose onbeheer.
Dit word vervang met verkluimende hartseer,
Dan begin jy terug dink en berou jou eindelose onbeheer.
Nou sit jy aleen en dink aan wat was,
Hoekom vra jy.. Jy’t haar hart veras
Nie meer sal jy die warmte van haar voel nie,
Nie meer sal haar blou oe jou toor nie,
Nie meer sal sy jou troos in jou donker dae nie.
Nie meer sal jy liefde voel soos n warm somers dag nie.. Want jyt haar hart veras.
Sy’t verlang en sy was aleen, sy was in donkerte en haar siel het verteer
Sy’t gesmeek en jou vas gedruk, jyt los geruk.
Sy’s nou verewig weg, en jy’s verewig leeg.
Nou sit jy aleen en dink aan wat was,
Hoekom vra jy.. Jy’t haar hart veras
Nie meer sal jy die warmte van haar voel nie,
Nie meer sal haar blou oe jou toor nie,
Nie meer sal sy jou troos in jou donker dae nie.
Nie meer sal jy liefde voel soos n warm somers dag nie.. Want jy’t haar hart veras.
Diep en vol gevoel geskryf
LikeLike
Baie dankie xx
LikeLike
Sjoe! Nou gee dit my rillings. So vol emosie. So hartseer.
LikeLike
weer kom lees…. wow
LikeLike
Dankie ek gaan nou so deur my goedjies en dit was so mooi share ek maat weer dalk het iemand dit nog nie gesien nie. Ek sien van my post het lekker spelfoute bloos lol
LikeLike
toemaar van myne ook đŸ™‚
LikeLike