Ek lê in my bed, die skaduwees speel met my, Klasvakie is awesig en ek kan nie slaap nie.
Die dag kruip nader en die angs van my asem laat my moedeloos tyd dop hou.
Bang vir die dag van moeg wees en die ure eindeloos voor my.
Weke van emosies wat soos gypsies in die ronte daans om n vuur. Brand ek my eindelose gedagtes in ys water.
Gevries en koud is my hart vir jou.
Ek wens vir stilte, ek wens vir my gees om te bedaar.
My hart klop nog vinnig van die gif in my lyf en my bors brand soos die rook ontsnap, sit ek eerder in die koue as om na jou te kyk.
Dis die ondier in my bloed wat my woede voer. Dis die gif in my wat my kop laat raas en my trane op droog.
