Ek dra my sonbrille in die aand sodat ek my naam kan vergeet, ek dra my masker sodat jy nie kan sien wat werklik in die donker weg kruip nie.
Ek word wakker drie uur in die oggend net om te bad in die stilte wat die wêreld uit block.
Ek sink dieper en onder water bly ek tot my longe lug soek.
Die water op my gesig steek my trane weg, ek vergaan in stilte, alleen sonder wete, my dag boek dra my geheime.
Ek haat mense en ek word naar van hulle betekenlose woorde.
Ek speel eerder met die garing in my haar rekkie, en vermy komunikasie.
