Kom ons skryf ons name met bloed teen die muur.

Kom ons skryf ons name met bloed teen die muur. Kom ons maak die messe skerp sodat ons pampoene kan versier.
My makeup is goed donker aangesmeer, kom nader sodat ek jou ook kan versier.
Lag lag tripel ons af die straat, ons gaan mos met die spooke daans.
Kom ons skryf ons name met bloed teen die muur.
Ek en jy is gemaak vir die donker en die volmaan lig.
Kom le in die pad dan trace ek jou af, met wit bord kruit.
Kyk hoe mooi pas jy nou in, is dit wat jy wou he, om so te verdrink?
Ek kan vir jou n nommer gee, dis beter as n naam.
N naam dra n siel en siel kan te veel voel.
Maar ons sal ons name skryf met bloed teen die muur versier.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.