Jy spook te veel in my gedagtes,
Al wat ek will doen is net hier sit
met my ken op my kniee.
Dis die dansende deininge,
Van die golwende glans.
Soos die skone verskyninge
Van nimfe wat dans.
Jy spook te veel hier in my gedagtes,
en al wat ek wil doen is hier te sit met arms om my kniee en uit te staar na die see.
Die stilte het ek gevrees, maar nou wil ek net rondom dit wees.
So jy kan maar spook en hier wees,
Want ek hou van die geluid
van branders wat bots;
Teen die rossige ruiminge
Van die sandsteen en rots.

Mal hieroor! Baie mooi!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Eks baie trots op hom:-) Ek het onlangs begin afrikaans skryf. Skryf baie engels.
LikeLike