Ek hou van jou mens wees

Hoor gou hier
Ek hou van hoe jy dink
Hoe jy praat, en stories vertel.
Ek wil net se
Ek het lekker gelag.
Ek hou van
Hoe jy kort, kort
Aan my been vat
Om seker te maak
Ek vang jou grap.
Kom gou nader
Wil iets vir jou fluister,
Ons is dieselfde
Deurmekaar, prentjie mense.
Ek wil weet
Of ons kan verewig
Vriende wees,
Want ek hou van jou mens wees.
En wil net nie meer
Die aleen wees vrees.
Dis ons eie wereld
Gemaak uit lekker mal wees.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.