Goed om oor te dink

As mens voel om die straat
Af te stap
Met n mission
Want jy het goed wat pla
Maar die tyd is laat
En jy mag dalk net
deur n skelm aan geval word
want skelms kan nie sien
Jyt goed om oor te dink
en nodig om soos n weirdo
Te lyk met n hoody aan
Laat in die nag
die pad af.
Want wie gaan worry.
Dan stop die aand patrolie
Om te vra wat maak jy
Want jy lyk soos n drug dealer
of iets.
En al wat jy wil doen is
Om in die stilte van die aand
Jou kop skoon te kry.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.