Wens vir gevoel van iets

Ek wens vir gevoel van iets.
Eenige iets sal doen.
Haal my net van die rak
soos dit jou pas
te veel hande het al
my lyf gestreel.
Dis mos net speel, speel.
Eks lief vir jou
is mos te maklik om te se
Dis woorde wat net my vel
wil lek met leuns soos
vuur op jou tong

Maar ek wil iets voel
en ek wil weer glo
so ek kan vir jou se
en laat voel
wat jy wil he ek moet..
Dis so maklik nou,
die speel, speel
ek kan jou so toor

Te lank op die rak
uit gehaal soos dit jou pas.
Ekt te veel keer
my hart weg gegee
net om hom gebreek terug
te kry.

Kom nader
laat ek aan jou hang
sagies iets fluister
en jou soen op jou wang
liggies asem haal in jou nek
Ek kan jou kry
om my eenige tyd te vry.

(c)Alicha13b6319983fe0598f4a4a6ad53f09d6f--icon-icon-white-picture

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.