
Ek is deurmekaar
meeste van die tyd.
My gedagtes dwaal
van een na die ander.
Die skaduwees
is net nie donker
genoeg nie.
Die lyne
wil net nie reg nie.
Om herfs blare
in die somer te skets,
gaan mos nie werk nie,
geen wonder
ek kom nie klaar nie.
As my gedagtes
eers so draai,
is niks om my
rustig nie,
als wil gelyk gebeur.
Hoekom kan ek
aan niks dink
om te skryf nie,
wil my brain dan
net nie werk nie.
Dalk is dit my gedagtes,
so baie wat net nie
genoeg is vir n volle sin nie.
