Tel jy die wolke my skat,
Of dwaal jou gedagtes soos
butterflies en volkane,
ek het n song vir jou, toe gevou
in my jean se sak.
En jy vir my n prentjie uit jou
skool tas.
Jy is my hero, my pirates treasure.
Wat doen jy nou? Jy terg my weer, maar dit
laat my maag kielie van die lag.
Ek hou van ons smaak in musiek,
en ons movies wat ons oor en oor kyk.
Jy is my blou oog kind, my rede om op
te staan
Ek kan nie genoeg kry as ek sien hoe jou
perfekte vingertjies jou Viool speel, jou music teacher se mos elke keer jyt n natuulike talent.
Jys kind maar ook volwasse,
Jy speel, en jy chill en beste van als
jy laat mense lag, almal wil jou maaitjie wees want jys n sterk seuntjie maar tog ook so sag.
Ek wens jy was nog klein, dan kon ek jou spoeg bekkie nog soen, en jou in my arms rond swaai.


