Liefste Marco

Liefste Marco
Vishoek strand en die rots
paaitjie aan die kant.
Ek wens ek kan meer onthou
van die soene by die paveljoene,
Snoepie en Briefies van ons keis.
Vertel my meer oor wat het als
gebeur.
Ek het lee spasies
wat ek wens daar was nie.
Ek mis jou
ek wens ek kan onthou
hoe dit voel om weer
aan jou vas te klou.
Ek wil jou hand vas hou
En afstap waar ons sit
op die strand,
ons voete diep in die sand.
Ai die wrede lee spasies
maar ek kan darm se
ek het n telefoon en jou stem.
As jy my bel
En jy vertel van
jou dag en hoor hoe jy lag.
Kan jy net verstaan.
en laat ek jou net weet,
jou manier van mens wees
het my keer op keer gered.
(c)Alicha
